Wednesday 20 January 2016

Bessie-meringues

Bessie-meringues

Bestandele
4 groot organiese eierwitte teen kamertemperatuur
115 g strooisuiker
115 g versiersuiker
vars bessies
styfgeklopte room

Metode
Verhit ‘n waaieroond tot 100°C. Klits die eierwitte op matige spoed met ’n elektriese handklitser totdat die mengsel stywe punte maak wanneer klitser uitgelig word.

Voeg die strooisuiker lepel vir lepel by. Die mengsel is gereed wanneer dit dik en blink is. Sif die versiersuiker oor die mengsel en vou dit dan sagkens in met ’n spatel.

Druk die mengsel in nessievorms met ‘n holte in middel op bakpapier uit. Bak vir 1 ½ – 1 ¾  uur in ’n waaieroond. Laat dit afkoel op ’n bakplaat of afkoelrak.

Vul elke meringue-nessie met varsgeklopte room.

Sit voor met vars bessies.

No comments:

Post a Comment