Friday 15 January 2016

Braai Ontbyt Pot

Braai Ontbyt Pot

Bestanddele

·       2 rooi uie

·       3 knoffelhuisies

·       1 kg volstruis maalvleis

·       2 pakke Spaanse chorizo wors

·       1 blik tamatie-en-uiesmoor (410g)

·       1 blik soet uiesmoor 

·       1 blik botterbone (310g gedreineer) 

·       ½ bottel jalapeño rissies

·       8 eiers, “free range”

·       1 handvol gerasperde cheddar kaas

·       sout en gemaalde swartpeper na smaak

·       olyfolie

Metode

Braai uie en knoffel oor die kole in ‘n potyster pot.

Voeg volstruis maalvleis en chorizo wors by en maak gaar.

Voeg tamatie-en-uiesmoor en soet uiesmoor by.

Hervul die tamatie-en-uiesmoor blikkie met water en voeg by vir ekstra vloeistof.

Voeg botterbone en jalapeño rissies by.

Breek eiers in en versprei in die pot om individuele porsies te vorm. Sit die deksel op.

Gooi ‘n paar kole bo-op die deksel vir bietjie hitte van bo.

Kook vir 5 minute. Haal pot van die kole af.

Voeg sout en swartpeper by na smaak. Chilli-sous kan ook bygevoeg word vir ekstra byt.
 

No comments:

Post a Comment