Saturday 16 January 2016

Bros Konfyt Koekies

Bros Konfyt koekies
 
BESTANDDELE  
125 g botter  
3/4 koppie suiker  
2 eiers, geklits  
3 koppies koekmeel  
4 teelepels bakpoeier  
1/2 teelepel sout  
2 teelepels vanilla essence  
1/2 koppie gladde appelkooskonfyt  
 
METODE  
Room die botter en suiker saam en voeg die goed geklitste eiers by. 
Sif die droë bestanddele saam en meng goed met die bottermengsel. 
Voeg die vanilla essence by. 
Druk tweederdes van die deeg in 'n rolkoekpan plat en maak mooi eweredig. 
Smeer ’n dik laag appelkooskonfyt oor. 
Rasper die res van die deeg oor. 
Bak vir  15 — 20 minute in ’n voorverhitte oond van 180°C. 
Sny dan in vierkante wanneer dit koud is.

No comments:

Post a Comment