Saturday 16 January 2016

Wit Romany Creams

Wit Romany Creams

Lewer 36 dubbelkoekies 

BESTANDDELE

1/2 koppie witsjokoladepoeier
1/2 koppie mielieblom (Maizena)
1/4 koppie kookwater
375 g sagte botter
1 & 3/4 koppies strooisuiker
2 & 1/4 koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1/2 teelepel soul
1 teelepel vanilla essence
2 & 3/4 koppie klapper (coconut)
1 teelepel karamelgeursel (opsioneel)
 
Vir die vulsel 

2 x 100 g blokke witsjokolade, gebreek
100 g botter 
 
METODE

Meng die witsjokoladepoeier, mielieblom en kookwater tot ’n pulp en laat afkoel.
Klits die botter en strooisulker saam tot lig en romerig.
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout in ’n afsonderlike bak saam en voeg by die botter-en-suikermengsel saam met die sjokoladepoeier-en-mielieblommengsel.
Voeg die vanilla essence, karamelgeursel (indien gebruik) en klapper by.
Meng goed en skep hopies met ’n teelepel op ’n bakplaat.
Bakvir 13 minute in ‘n voorverhitte oond van 180°C.
Laat die koekies 5 minute afkoel en pak op ’n draadrak.
 
Vir die vulsel: Smelt die botter en witsjokolade in ’n dubbelkastrol. Laat effens afkoel. Smeer aan die onderkante van twee koekies en maak ’n toebroodjie totdat alles op is.

No comments:

Post a Comment