Sunday 31 January 2016

Flippen Lekker Hoender

Flippen lekker hoender

10 hoenderporsies van jou keuse1 koppie mrs balls chutney1 koppie all gold tamatiesous2 el kookolie1 pakkie groentesop1 blikkie cokeso handvol groot geelwortels, gekrap, en in die lengte af ; gesny in skywemedium aartappels geskil afgespoel en in dun skywe gesny1 pakkie sampioene, gewas en net in die helfte gesny4 knoffeltoontjies gekneus2 groot uie, dun ringe gesny1 soet groenrissie, in repies gesnySout En peper na smaakBotterSwaar gewig foelie

Voorverhit oond 180 C

Pak jou Aartappels 'n laag op die bodem van 'n gesmeerde oondpan, pak die wortelskywe bo-oor ;sprei die sampioen helftes eweredig bo oor, gevolg met uieringe en soetrissie Stip hier en daar met bietjie botter, sit gekneuse knoffel verspreid in en geur met bietjie sout en peper oorSit nou jou hoenderstukke bo op die neer, strooi droog soppoeier bo oor hoenderstukke Meng die chutney, tamatiesous , kookolie en coke saam, gooi egalig bo oor allesMaak toe met foelie, bak in voorverhitte oond vir 40 min, haal foelie af, en laat verder stadig verder bak by 160 C vir 1 en half uur, bedruip hoender gereeld met pansous tot gaar en goudbruin

No comments:

Post a Comment