Wednesday 20 January 2016

Hilda se Dadelvingers

Hilda se Dadelvingers                                        
Lewer 20 vingers.
 
Bestanddele:

250 g botter of margarien
250 ml suiker
500 g dadels, fyn gekap
1 eier, goed geklits
100 g (125 ml) groen glanskersies
100 g (125 ml) rooi glanskersies
1 x 200 g pakkie Mariebeskuitjies, in klein stukkies gebreek
Klapper, om oor te strooi

Metode:

Smeer ’n koekpan van 26 cm x 16 cm.
Verhit botter of margarien en suiker oor matige hitte en roer tot suiker gesmelt is. Verlaag hitte, voeg dadels en eier by en meng vinnig en deeglik om eier egalig te versprei.
Voeg kersies en koekiestukkies by, meng en haal van die stoof af.
Giet mengsel in voorbereide pan en druk dit stewig met die agterkant van ’n glas vas.
Strooi klapper oor en laat heeltemal afkoel. Sny in vingers van 3 cm x 6 cm.

No comments:

Post a Comment