Wednesday 20 January 2016

Toffieappels

Toffieappels

Bestanddele

30 middelslag appels

30 stokkies

1 liter (4 k) suiker

375 ml (1 1/2 k) water

1 ml (1/4 t) sout

250 ml (1 k) gouestroop

rooi kleursel

Metode

Was en droog appels af en steek stokkies stewig by die

stingelent in.

Los suiker op in water, voeg sout en stroop by en kook tot die

ligtekraakstadium (143 grade Celsius). Voeg kleursel by en roer.

 
Dompel appels in die warm mengsel (hou dit warm terwyl daarmee

gewerk word, maar moet dit nie kook nie).

Laat die oortollige stroop afloop en plaas die appels met die 

blom-ent op gesmeerde botterpapier. Na 'n paar minute sal dit hard wees.

Wenk: 

As die gouestroop in 'n blik en redelik styf is, plaas die blik in

kookwater om makliker te meet. Doop ook die lepel en koppie

in kookwater.

No comments:

Post a Comment