Wednesday 20 January 2016

Tradisionele Fudge

Tradisionele Fudge
 
Bestanddele:
125ml botter (115g)
1 e gouestroop
2 e melk
1 e water
3 k strooisuiker
1 blik kondensmelk
1 t vanieljegeursel
knippie kremetart
 
Metode:

Smelt die botter, stroop, melk en 1e water saam in 'n swaarboomkastrol.
Haal die kastrol van die plaat af en voeg die suiker by.
Sit weer op die plaat en verhit tot kookpunt. Kook vyf minute en roer heeltyd.
Haal van die plaat af en laat 'n minuut afkoel.
Gooi die kondensmelk in 'n dun straaltjie by en hou aan met roer.
Sit weer op die plaat en kook 15 minute oor 'n lae hitte. Roer die heeltyd om te keer dat dit vasbrand.
Die mengsel is gereed wanneer dit 'n goudbruin kleur het en die hardebalstadium bereik het. (Drup 'n klein bietjie van die mengsel in 'n bak met koue water. Dit moet 'n ferm balletjie vorm.)
Roer nou die vanieljegeursel en kremetart by.
Gooi die mengsel in 'n gesmeerde en gevoerde 20x20cm-pan en laat dit staan tot dit begin stol.
Sny in blokkies/vormpies en laat dit heeltemal stol voor jy dit uit die pan haal.
Stoor in 'n lugdigte houer.
 

No comments:

Post a Comment