Wednesday 20 January 2016

Sjokolade / Mellow Krispies

Sjokolade / Mallow Krispies Treats (Maak 40 Blokke)

Bestanddele

125 g margarien of botter

350 g houer Rice Krispies

500 g marshmallows

2 X 200 g blok sjokolade

Metode

1. Plaas margarien in kastrol en smelt. Voeg marshmallows by en roer tot amper opgelos/gesmelt.

2. Voeg Rice Krispies by en meng goed deur tot alle Rice Krispies bedek is. Giet uit in 'n gesmeerde rolkoekpan en druk goed vas.

3. Smelt sjokolade en smeer oor Rice Krispies mengsel. Laat stol. Laat die hele mengsel stol vir ±1 uur en sny dan in blokke.

Wenk: Moenie te lank los om te stol nie, anders is dit te hard om deur te sny.

No comments:

Post a Comment