Wednesday 27 January 2016

Italiaanse Mozzarella & Tamatie Brood

Italiaanse Mozzarella & Tamatie Brood

Hierdie resep het ons op bbcfood gesien, maar het ons eie kinkel ingesit.

Geniet dit!

BESTANDELE

* 1 groot ciabatta brood

* 1 blok mozzarella kaas

* Twee tamaties in skywe gesny

* 3 eetlepels Basil Pesto (het sommer 'n bakkie by PicknPay gekoop)

* 3 eetlepels Margarine/Botter

* Olyfolie

METODE:

1. Maak insnydings in die ciabatta brood groot genoeg om die kante met botter te smeer

2. Meng die margarine/botter met die basil pesto

3. Smeer die pesto botter tussen die gleuwe van die ciabatta brood

4. Sny die mozzarella kaas in skywe en pak tussen die ciabatta se insnydings

5. Doen dieselfde met die tamatie

6. Gooi bietjie olyfolie oor die brood Sit in die oond teen 180 grade C, en bak vir tussen 10 en 15 minute (tot kaas gesmelt het).

Wenk: Strooi pietersielie en knoffel flokkies oor die brood voor jy dit in die oond sit.

Genoeg vir 4 tot 6 mense as 'n bygereg of saam met braaivleis.

No comments:

Post a Comment