Wednesday 27 January 2016

Piesangbrood

Piesangbrood

Hierdie resep het ons al baie kere probeer.  Elke keer met 100% sukses.

BESTANDELE:

125ml (halwe koppie) botter of margarien
250ml (1 koppie) suiker
5ml (1 teelepel) vanieljegeursel
2 eiers
500ml (2 koppies) koekmeelblom
10ml (2 teelepels) bakpoeier
2,5ml (halwe teelepel) sout
4 tot 6 ryp piesangs
METODE:

Voorverhit die oond tot 180 grade C
Klits die botter en suiker tot romering
Voeg die vanieljegeursel by en meng goed
Voeg die eiers een-vir-een by en klits goed na elke een
Sif die droë bestandele saam in 'n apparte bak en voeg by die eiermengsel en meng goed
Maak die piesangs fyn en meng dit by die beslag
Gooi in 'n gesmeerde broodpannetjie
Bak vir 1 uur
WENK:  Ek gebruik die liquidizer om die piesangs fyn te maal om 'n fyn mousse te kry.  Laat die broodjie oornag staan, dit proe baie lekker die volgende dag :-)

No comments:

Post a Comment