Sunday 17 January 2016

Italiaanse Panpizza

Italiaanse panpizza

Bestanddele

BASIS:
500 ml (2 k) bruismeel
’n knippie sout
100 g STORK BAKE, in klein blokkies gesny
180-200 ml (ruim ¾ k) melk

BOLAAG:
375 ml (1½ k) dik tamatie-smoor
250 g gaar spek, hoender of gerookte ham, gekap
125 g sampioene, gesny
1 groen soetrissie, in dun skyfies gesny
125 ml (½ k) calamata-olywe, ontpit en gehalveer
125 ml (½ k) fetakaas, gekrummel
500 ml (2 k) mozzarellakaas, gerasper
sout en vars gemaalde swartpeper
10 ml (2 t) gekapte vars origanum

Metode

Voorverhit die oond tot 200 °C en smeer ’n bakplaat.

BASIS:
Meng die meel en sout in ’n groot bak. Voeg STORK BAKE by en meng dit met jou vingerpunte in tot dit soos broodkrummels lyk. Voeg die melk bietjie vir bietjie by en meng tot ’n sagte deeg vorm. Druk die deeg plat op ’n meelbestrooide oppervlak. Plaas die deeg in die bakplaat en druk tot in die hoeke sodat die bodem eweredig bedek is.

BOLAAG:
Smeer die tamatie-smoor eweredig oor die basis en tot in die hoeke. Strooi die res van die bestanddele oor en eindig met die kase, sout, peper en origanum. Bak 20-25 minute tot die bolaag borrel en die deeg gaar is. Sit warm voor.

Genoeg vir 8 mense.

No comments:

Post a Comment