Monday 18 January 2016

Lasagne Met 'n " Twist"

LASAGNE MET 'n "TWIST"

Bestanddele

1/4 koppie visolie (of olie van jou keuse)

500 g mince

2 eetl knoffel

1 medium ui

2 medium tamaties

1/2 bossie spinasie, gesny en op stoof gebraai

1/2 koppie gekrummelde fetakaas

1 koppie gerasperde cheddarkaas

1 koppie bacon, gesny

1 koppie sampioene, gesny

3 koppies melk

1 koppie margarien, 1/2 van 500 g blok

1 pakkie Maggi Four Cheeses Sauce poeier

3/4 koppie meel

1 eetl gedroogde, gemengde kruie

500 g tagliatelle pasta, 250 g groen en 250 g wit

1 pakkie Maggi Tamatiesop

Metode

Kaassous: Smelt die margarien in 'n pot op die stoof en voeg

dan die Maggi Four Cheeses Sauce poeier en meel by.

Roer goed saam. Voeg dan die melk egalig by en roer aanhoudend

tot die melk deurgeroer is en 'n dikkerige, gladde sous vorm.

Verwyder dan van die stoof af vir latere gebruik.

Tagliatelle pasta: Kook die pasta in kookwater met 'n bietjie visolie

tot gaar. Dreineer die water en spoel af met koue water. Laat 

eenkant vir latere gebruik.

Mince: Verhit die visolie in 'n pot en braai die gekapte bacon,

sampioene, knoffel, ui en tamatie. Roer dan die mince in en

laat braai vir 20 minute tot dit ligbruin van kleur is. Gooi dan

die Maggi Tamatiesop en gedroogde gemengde kruie in en 

meng deeglik. Prut vir 'n verdere 10 minute. Indien nodig, 

voeg 'n koppie water by. Meng die helfte van die gaar mince

met die groen pasta en die ander helfte met die wit pasta.

Neem 'n oondbak en smeer 'n gedeelte van die voorbereide 

kaassous op die bodem van die bak en gooi dan die mince

met die groen pasta in die oondbak. Deel die spinasie, feta en

cheddarkaas in drie en voeg een laag daarvan oor.

Gooi dan weer 'n laag kaassous bo-oor. Vat dan die mince

met die wit pasta en gooi dit bo-op. Herhaal dan die

strooi van spinasie, feta en cheddarkaas proses. Rond dan af met 

oorblywende kaassous, sprinkel die oorblywende spinasie mengsel

bo-op en bak in 'n voorverhitte oond teen 180 grade Celsius vir

30 minute of tot kaas bo-op goudbruin is. Haal uit die oond

en bedien.

No comments:

Post a Comment