Monday 18 January 2016

Bolognese

BOLOGNESE

Bestanddele:

45ml olyfolie
250g spek, grof gekap
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, gekap
500g maalvleis
1 x 400g blik tamaties
250g tamatiepasta
handvol tiemie
350ml rooiwyn
100g parmesaankaas, gerasper
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:

Verhit olyfolie tot warm in middelslag pot. Voeg spek, ui en knoffel by. Roerbraai vir 5-8 minute of tot spek mooi bruin is.

Voeg maalvleis by en braai verder vir nog 5-8 minute of tot die vleis bruin is. Maak seker jy roer al die klonte in die maalvleis goed sodat jy 'n lekker los mengsel het.

Voeg blk tamaties, -pasta, helfte van tiemie en al die rooiwyn by. Meng goed en sit hitte op laag. Laat stadig prut vir minstens 90 minute terwyl jy elke 10 minute roer. (Hoe langer dit kook, hoe lekkerder is die sous).

Voeg parmesaankaas en res van tiemie by. Roer weer. Geur goed met sout en peper. Sit voor saam met gekookte spagetti.

No comments:

Post a Comment