Monday 18 January 2016

Macaroni en Kaas met Maalvleis

Macaroni en Kaas met Maalvleis 

Macaroni en Maalvleis

80 ml (1/3 k) olie
3 uie, gekap
1 knoffelhuisie
1 groen soetrissie, in blokkiesgesny
700 g maer beesmaalvleis
30 ml (2 e) vars origanum
sout en peper na smaak
4 tamaties, in skywe gesny
30 ml (2 e) tamatiepasta
125 ml (½ k) bees- of groenteaftreksel
80 ml (1/3 k) rooiwyn
500 g macaroni, gaargemaak

Bechamel Sous (witsous)

500 ml (2 k) melk
30 g botter of margarien
30 ml (2 e) koekmeel
sout en peper na smaak
500 ml (2 k) gerasperde pecorino- of sterk cheddarkaas
2 eiers, geklits

Afronding

100 ml sterk cheddarkaas, gerasper
tamaties, gehalveer
Voorverhit die oond tot 180 °C.

Smeer ’n oondvaste bak.

Macaroni en Maalvleis
 
Verhit die olie in ’n groot pan en roerbraai die uie, knoffel en soetrissie daarin tot sag.

Voeg die maalvleis by en braai vinnig tot gaar, maar nie bruin nie.

Voeg die origanum en sout en peper by en braai nog 3 minute.

Voeg die tamatieskywe, tamatiepasta, aftreksel en rooiwyn by en laat prut tot die vloeistof met die helfte verminder het.

Meng die gaar macaroni by en hou eenkant.

Bechamel Sous (witsous)

Verhit die melk effens in ’n mikrogolfoond of ’n kastrol.

Smelt die botter of margarien in ’n ander kastrol, roer die koekmeel by en verhit 1 minuut.

Roer voortdurend. Verwyder van die hitte en roer die warm melk by.

Geur met sout en peper.

Voeg die kaas en geklitste eier by.

Afronding

Giet die helfte van die macaroni-en-vleismengsel in die voorbereide oondvaste bak, gevolg deur die helfte van die béchamelsous.

Herhaal.

Sprinkel die gerasperde kaas oor, rangskik ’n paar halwe tamaties bo-op en bak 20-25 minute tot goudbruin.

No comments:

Post a Comment