Monday 18 January 2016

Macaroni en Kaas

Macaroni en Kaas

Bestanddele:

250 g macaroni
300 g gerookte spek
250 g sampioene
1 ui
sout
peper
2 eetl botter/margarien/olyfolie
2 eetl koekmeelblom
200 ml melk
300 g gerasperde kaas (cheddar of ander skerp kaas na smaak)

Metode:

Witsous:

Smelt die botter/margarien/olyfolie in ’n pot en roer die koekmeelblom en ’n knippie sout by. Meng tot glad.

Voeg die melk stelselmatig by en roer deurentyd oor lae hitte.

Wanneer die sous dik word, voeg 100 g van die kaas daarby en meng goed.                                                        

Voeg sout en peper by na smaak.  

Verwyder van die stoof.

Uie, spek en sampioene:

Voorverhit die oond tot 180˚C.

Kook die macaroni tot amper gaar en dreineer.

Kap die ui fyn en braai lig in ’n kastrol.

Sny die spek in klein stukkies (ongeveer 2cm) en voeg by die uie.

Braai vir 2 tot 3 minute. 

Sny die sampioene op en voeg dit by die uie. Braai vir nog 2 tot 3 minute.

Voeg die witsous by en verwyder van die stoof.

Gooi die gekookte macaroni in ’n gesmeerde oondbak.

Gooi die uie-, spek-, en sampioensous oor die macaroni in die oondbak.

Strooi die res van die gerasperde kaas oor en bak vir 15 tot 20 minute in 180˚C.

No comments:

Post a Comment