Monday 18 January 2016

Maalvleis- Panpizza

Maalvleis-panpizza

Maak 4 pizzas
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute

500 g maalvleis
1 bottel passata (tamatiepuree)
sout en peper
olie
1 sak winkelbrooddeeg
30 ml (2 e) basiliepesto (opsioneel)
1 (125 g) roomkaasrol met peper, in skyfies gesny, of 125 g bocconcini (mozzarellabolletjies), in stukkies geskeur basilieblare (opsioneel)

1.    Roerbraai die maalvleis tot gaar. Voeg die passata by, geur met sout en peper en laat sowat 7 minute prut tot geurig. Skep uit.

2.    Vee die pan uit en smeer dit goed met olie.

3.    Rol die brooddeeg dun uit. Sny sirkels so groot soos die pan uit en plaas dit in die pan.

4.    Braai die deeg tot bruin onder, draai om en bak tot bruin en gaar.

5.    Smeer die pizza met die pesto indien verkies. Skep die maalvleis op. Rangskik die kaas bo-op.

6.    Bedek die pan met tinfoelie en verhit tot die kaas effens gesmelt het.

7.    Maak die ander pizzas op dieselfde manier met die orige bestanddele. Sprinkel die basilieblare oor elkeen indien verkies.

No comments:

Post a Comment