Tuesday 19 January 2016

Mokkablokkies

Mokkablokkies

250g sagte margarien

1 pak (500g) versiersuiker

1 blik karamelkondensmelk

25ml sterk , swart koffie(kan meer gebruik sou jy dit verkies)

10 ml vanilla

2 pakkies mariebeskuitjies, fyn gebreek

Verroom margarine en klop versiersuiker bietjie vir bietjie by,

Voeg karamelkondensmelk , koffie en vanilla by en klop goed.

Meng baie goed met mariebeskuitjies.

Druk mengsel in gesmeerde bakplaat en sit in koelkas.

Sny in blokkies wanneer styf.

Bewaar die blokkies in die koelkas

No comments:

Post a Comment