Sunday 17 January 2016

Nicoise-slaai

Nicoise-slaai

Bestanddele

10 klein vars groenbone

4 baba-aartappels, in skil gekook

95 g geblikte tuna

8 swartolywe

2 hardgekookte

eiers (kook eiers vir 6 minute)

4 ansjovis-filette

1 rooi-ui, in skywe gesny

sout en vars gemaalde swartpeper na smaak

Sous

1 huisie knoffel, fyngedruk

5 ml korrelmosterd

30 ml witasyn (ek het die wit balsem-gebruik)

5 ml suurlemoensap

125 ml olyfolie

Metode

Dompel die groenbone vir 4 minute in kookwater (dit moet nog bros wees). Sny die eiers en aartappeltjies in kwarte. Rangskik al die bestanddele op ’n bord. Meng die slaaisous-bestanddele goed saam en gooi oor slaai. Geur met sout en swartpeper. 

No comments:

Post a Comment