Sunday 17 January 2016

Ouma Les se Koperpennie Wortelslaai

Ouma Les se Koperpennie Wortelslaai

Bestanddele

1 kg wortels, in ringe gesny
3 uie, in ringe gesny
3 groen soetrissies, in blokkies gesny

Sous:
250 ml water
1 pakkie tamatieroomsop
200 ml asyn
250 ml suiker
125 ml olie
10 ml Worcestersous
7 ml mosterd

Metode

Kook wortels vir 15 minute (nie te sag nie).
Kook uie.
Pak wortels, uie en groenrissie in lae in 'n bak.
Meng al die bestanddele vir die sous saam.
Kook 3 minute saam.
Gooi warm sous oor die groen.
Laat staan in yskas vir een dag.

No comments:

Post a Comment