Tuesday 2 February 2016

Aarbei Blatjang

AARBEI BLATJANG
Maak sowat 5 klein flessies
1 kg vars aarbeie, blare verwyder
400g suiker
375ml appelasyn
6 kardemom sade
1 ster anys
1 kaneelstokkie
6 naeltjies
6 swartpeper korrels
1 rooirissie ontpit en gekap (opsioneel
5ml gerasperde vars gemmer
3 middelslag uie, middeldeur en in in dun skyfies gesny
Gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
METODE:
Gooi al die bestandele, behalwe die aarbeie en suurlemoensap en -skil in 'n groot kastrol met 150ml water
Verhit dit liggies totdat die suiker opgelos het, verhoog die hitte en laat dit prut vir 40min of tot die mengsel verdik het en 105 grade op 'n termometer is
Voeg die aarbeie by en kook vir 25min of tot verdik. Voeg die suurlemoensap en -skil ook by en kook vir 'n minuut.
Skep dit in warm gesteriliseerde flesse. Hou dit ini yskas na dit oopgemaak is.

No comments:

Post a Comment