Tuesday 2 February 2016

Appelkoos Blatjang

APPELKOOS BLATJANG (1)
250 ml ( 1 k ) fyn appelkooskonfyt
2,5 ml ( 1/ 2 t ) sout
0,5 ml ( 1/ 8 t ) rooipeper
2,5 ml ( 1/ 2 t ) gemmer
187 ml ( 3/ 4 ) asyn

Meng die eerste 4 bestanddele en roer dan die asyn stadig by volgens smaak.
Kook tot dit dik genoeg is.

APPELKOOS BLATJANG (2)
2,5 kg ontpitte appelkose
500g sultanas
6 knoffelhuisies
750g uie gesny
750ml suiker
20ml sout
20ml gemmer
10ml kaneel
7ml swartpeper
2ml rooipeper
METODE:
Maal die appelkose, sultanas, knoffel en uie saam, voeg die res van die bestandele by.
Kook stadig tot dik, skep warm in voorbereide warm bottles.

APPELKOOSKONFYT BLATJANG (3)
20 rissies.
125ml asyn
1 groot blik appelkooskonfyt
3 eetlepels worcestersous
¼ t sout
3 groot uie
METODE:
Maal rissies en uie fyn (ontpit) rissies.
Voeg ander bestanddele by en kook tot reg.

CHUTNEY MET GEKOOPTE APPELKOOSKONFYT
Braai so 5 groot uie in pot asook 1 greenpepper.
Gooi groot blik All Gold appelkooskonfyt by en 1 groot bottel All Gold tamatie sous en so paar chillies baie fyn gesny.
Roer goed en laat prut vir sowat driekwart uur.
Roer gereeld.
Dis die lekkerste sous en kan oor enige iets gebruik word.
Van vleis, tot op eier tot op stywe pap.
Almal soek altyd die resep.

No comments:

Post a Comment