Tuesday 2 February 2016

Biltong Mieliepaptert

Biltong mieliepaptert

Bestanddele  
1,25 liter water  
15 ml sout  
750 ml mieliemeel  
1 x 410g blik geroomde suikermielies 
hand vol vars tiemie  
2 x 410g blik gekapte tamaties  
15 ml o|yf- of avokado-olie  
1 ui, gekap  
2 knoffelhuisies, fyngemaak  
250 g knopiesampioene, in skyfies gesny 
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak 
250 ml gekerfde biltong  
375 ml Cheddarkaas, gerasper  
 
Metode  
Verhit die oond tot 220°C. 
Smeer ‘n  30 x 25 cm oondvaste bak.  
Bring die water en sout tot kookpunt in ‘n groot kastrol oor matige hitte. 
Roer die mieliemeel in en klop om te voorkom dat klonte vorm. 
Laat gaar word en roer van tyd tot tyd, ongeveer 20 minute, tot styf.  
Voeg die suikermielies en tiemie by. 
Skep helfte van die pap in die voorbereide oondbak. 
Skep die tamaties in ‘n Iaag bo-oor. 
Verhit die olie in ’n kastrol oor hoé hitte  en braai die uie, knoffel en sampioene vir  5 minute tot goudkleurig. 
Geur en skep bo-op die tamatielaag.  
Skep die res van die papmengsel oor, dan die biltong en dan die kaas. 
Bak ongeveer 20 minute, tot die kaas gesmelt het.

No comments:

Post a Comment