Tuesday 2 February 2016

Pap-en-smoor

Pap-en-smoor

Bestanddele

Pap:
750 ml (3 k) water
5 ml (1 t) sout
500 ml (2 k) mieliemeel
15 g (1 e) botter

Smoor:
25 g botter
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 ui, fyn gekap
1-2 blikkies (400 g elk) tamatiesmoor of Mediterreense tamaties
30 ml (2 e) worcestersous
10 ml (2 t) witwynasyn
5 ml (1 t) suiker
sout en vars gemaalde swartpeper

Metode

PAP: Bring die water en sout amper tot kookpunt en roer die mieliemeel stadig by.
Roer deurentyd tot die pap verdik. Voeg ’n eetlepel botter by en roer deur.
Verlaag die hitte en sit die deksel op. Laat prut tot gaar.
SMOOR: Verhit die botter en braai die knoffel en ui.
Voeg die res van die bestanddele by en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte en laat prut sowat 10 minute tot geurig. Sit die sous by die pap voor. Kook 10-15 minute tot geurig.

No comments:

Post a Comment