Tuesday 2 February 2016

Broodbolle vir Braaivleis

Broodbolle vir braaivleis

Hierdie is 'n lekker bygereg vir braaivleis!

BESTANDELE:

500g Brooddeeg
250ml room
4 eetlepels bruinsuiker.    
METODE:

Maak so 12 bolletjies uit die deeg uit
Plaas die bolletjies in 'n vuurvaste pot (ek gebruik 'n cast iron pot soortgelyk aan 'n potjiekospot)
Gooi die room oor die bolletjies
Strooi die bruinsuiker oor
Bak teen 180 grade C vir so 40 minute
 
WENK:  Ek smeer my hande met margarine voor ek elke bolletjie maak sodat die deeg nie aan my hande vasklou nie. Jy kan die 250ml room ook met 1 blik ideal melk vervang, baie lekker alternatief!

No comments:

Post a Comment