Tuesday 2 February 2016

Patat in foelie met heuning en kaneel

Patat in foelie met heuning en kaneel 
(Genoeg vir 1)

Bestanddele

• 1 middelslag-patat

• sout na smaak

• 1 eetlepel heuning

• ’n knippie kaneel

Metode

1 Spoel die patat af en sit dit in dik foelie. (Moenie die patat afdroog nie.)

2 Strooi ’n knippie sout oor en maak die patat heeltemal toe met die foelie.

3 Sit die patat in warm kole en bak dit vir sowat 10 minute aan elke kant.

4 Steek nou ’n mes of ’n stokkie in die patat. As hy tot diep binne-in sag is, is jou kos gaar.

5 Haal die patat uit die kole en skeur die foelie oop. Druk dit oop, gooi ’n bietjie heuning oor en sprinkel kaneel bo-oor.

Eet saam met tjops of vis. Wees versigtig vir die warm stoom wanneer foelie oopgemaak word!

No comments:

Post a Comment