Tuesday 2 February 2016

Stampmielie-gebak

Stampmielie-gebak

Bestanddele

• 500 g stampmielies, geweek in water oornag

• 30 ml (2 e) olie

• 1 ui, fyngekap

• ½ groen soetrissie, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 5 repe spekvleis, in blokkies gesny

• 200 g sampioene, in skyfies gesny

• 250 ml (1 k) hoenderaftreksel

• 200 ml kookwater

• 20 ml (4 t) blatjang

• sout en peper

• 250 ml (1 t) vars room

• gerasperde kaas

Metode

1. Voorverhit die oond rooster.

2. Dreineer die stampmielies, dra oor na ‘n pot, bedek met koue water en kook tot gaar. Wanneer gaar, geur met sout.

3. Verhit die olie en braai die ui en soetrissie tot sag. Voeg die knoffel by en roerbraai tot geurig. Voeg die spek en sampioene by en roerbraai tot ligbruin.

4. Meng die aftreksel, kookwater en blatjang, geur met sout en peper en voeg by die uie mengsel. Prut totdat die water verdamp het. Roer die mengsel in die stampmielies.

5. Dra oor na 'n oondbak of gietysterpot. Gooi die room oor en prik die oppervlak met 'n vurk sodat die room vloei in die stampmielies.

6. Strooi kaas bo-op en rooster tot die kaas smelt.

No comments:

Post a Comment