Tuesday 2 February 2016

Perske Atjar

PERSKE ATJAR
10 geel perskes
4 uie
1 ½ koppies suiker
1L wit asyn
1 teelepel kerrie
1 teelepel borrie
1 teelepel peperkorrels
Voeg jou asyn, suiker, kerrie, borrie en peperkorrels saam in 'n pot en laat kook tot ruikbaar.
Voeg dan jou eie by en laat hulle kook tot glans.
Skil jou geel perskes af, sny in halwes, haal die put uit en sny in skyfies.
 As jou uie glans is dan voeg jy jou perskes by en laat saamkook vir 10 minute. 
Steriliseer glas bottels.
 Sodra die geur deur die perskes getrek het, kan jy dit in die potjies sit.
Let op dat daar geen lugblasies in is wannneer jy seël.

No comments:

Post a Comment