genoeg vir 4
Baktyd: 20 minute
• 250 g crème fraîche of suurroom
• 50 g kappertjiesaad, grofgekap
• skil en sap van een suurlemoen
• 2 knoffelhuisies, fyngekap
• hand vol pietersielie, gekap
• 600 g bevrore stokvisfilette, ontdooi
• 3 koppe baba-gem-slaai
• 2 Granny Smith appels, in skywe gesny
• 1 baba-komkommer, in repe geskil
• 100 g okkerneute, grofgekap (opsioneel)
• 10 g mikro-roketblare
• 45 ml olyfolie
• 15 ml heuning
• sap van halwe suurlemoen
Verhit oond tot 200 °C. Plaas crème fraîche in ’n mengbak, voeg kappertjiesaad, suurlemoenskil en -sap, knoffel en pietersielie by en meng goed. Plaas visfilette in ’n oondbak, gooi crème fraîche-sous bo-oor en plaas in voorverhitte oond vir sowat 20 minute. Terwyl vis bak, rangskik die slaaiblare, appel en komkommer op ’n opdienbord. Sprinkel okkerneute en mikro-roket oor. Maak ’n slaaisous van olyfolie, heuning en suurlemoensap en meng goed. Gooi oor slaai. Sit voor met gebakte vis.
Wenk
Dis altyd handig om bevrore vis in die vrieskas te hê, maar moenie langer as 2 maande hou nie. Ontdooi oornag in jou yskas.
No comments:
Post a Comment