Friday, 22 January 2016

Siba se lamsnekpotjie

Siba se lamsnekpotjie

Bestanddele:

60g koekmeel (+- 10 eetlepels)
2 teelepels komyn (cumin)
2 teelepels paprika
2 teelepels koriander
2 teelepels gedroogde roosmaryn
6 - 8 stukke lamsnek
30ml Canola Olie
2 uie grof gekap
2 seldery grof gekap
4 knoffelhuisies, fyn gekap
1 groen soetrissie (green pepper)
800ml hoenderaftreksel
2 eetlepels tamatiepuree
1 blik gepakte afgeskilde tamaties
6 klein aartappels in halwes gesny
8 heel klein wortels
 
Metode:

Meng die koekmeel, komyn, paprika, koriander en gedroogde roosmaryn saam in 'n bak.
Gooi die lamsnek in die meel en bedek goed.
Gooi die olie in 'n pot en braai die volgende vir 5 minute saam:  die meelbedekte lamsnek, uie, seldery, knoffelhuisies en groen soetrissie.
Gooi die oorblywende meelmengsel in die pot saam met die hoenderaftreksel, die tamatiepuree en die blik tamaties.
Kook vir 2 ure, roer elke 30 minute.
Gooi dan die aartappels en wortels in en prut vir 'n verdere 20 tot 30 minute.
 

Skaapskenkelpot met kluitjies

Skaapskenkelpot met kluitjies

Skaapskenkelpot:

3 uie, in skywe gesny
2 eetlepels kookolie
1,5 kg skaapskenkels
4 eetlepels meelblom
2 teelepels sout
¼ teelepel swartpeper
 ¼ teelepel koljander
2 rape, opgekap
4 kruinaeltjies
paar takkies vars tiemie
2 koppies kookwater
2 geelwortels, opgekap
4 aartappels, geskil en in kwarte gesny
 
Deeg vir kluitjies:

2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
6 eetlepels botter
2 eiers
6 eetelpels melk
½ koppie fyngekapte pietersielie
1 gerasperde ui
1 teelepel vars tiemie
knippie swartpeper
 
Metode:

Braai die uie in die kookolie tot glaserig, skep dan uit.
Rol die vleis in meelblom wat gegeur is met die sout, swartpeper en koljander.
Braai die vleis tot dit geseël is van buite. 
Voeg die raap, kruinaeltjies, tiemie, gebraaide uie en kookwater by, sit die deksel op en laat dit stowe vir +-45 tot 60 minute.
Voeg die geelwortels en aartappels by en prut tot sag (+-30 tot 40 minute). 
Maak die kluitjies aan as volg:
Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en vryf die botter daarin.

Klits die eiers en melk en roer die pietersielie, ui, tiemie en sout by.

Meng dit alles saam tot ‘n taamlike stywe beslag.

Skep lepelsvol kluitjies in die vloeistof op die vleis en groente. Prut vir 20 minute sonder om die deksel op te lig.

Rooibok Potjie

Rooibok Potjie 

1 kg rooibokvleis in blokkies gesny 

125 ml olie 

4 geelwortels, in skyfies gesny 

2 uie, in skywe gesny 

2 knoffelhuisies, fyn gedruk 

10 ml gekapte tiemie 

250 g spekvleis, gekap 

500 ml port of droë rooiwyn 

6 aartappels, in skywe gesny. 

Metode: 

Verhit olie in swartpot en soteer geelwortels, uie en knoffel totdat olie deurskynend is. Voeg tiemie, vleis, spekvleis en port by. Prut 2 uur baie stadig met deksel op. Voeg aartappels by en prut nog 30 tot 45 minute. Sit voor saam met mieliepap. 

Room Hoenderpot

Room Hoenderpot
 
BESTANDELE:
6 Hoenderdye
Barberque speserye na smaak
250g Gesnipperde Bacon
60 ml Appelkooskonfyt
100 ml Water
15 ml Worcestorsous
12 Klein geskilde uitjies
10 Klein heel aastappels
750 ml Gevriesde Gemengde groente
300 g Gesnipperde Sampioene
Aromat na smaak
1 Pakkie Oxtail Sop
1 Pakkie wit uie sop
500 ml Room
 
METODE:
Sprinkel barberque speserye oor die hoender.
Maak die pot warm en braai die bacon.
Voeg uie en die appelkooskonfyt by en braai tot die uie sag is.
Skep die bacon en uie uit.
Plaas hoender in die pot.
Plaas die bacon en uie mengsel oor die hoender.
Gooi water en worcestor sous oor die hoender.
Plaas die deksel op en laat kook vir 15 minute.
Plaas die klein uitjies en aartappels op die hoender en prut vir 10 minute.
Plaas die groente en sampioene in die pot.
Strooi Aromat oor en prut vir 'n verdere 30 minute.
Meng die sop en room en voeg by die potjie.
Prut vir 'n verdere 30 minute.

Kerriehoender-pot

Kerriehoender-pot
 
BESTANDELE
15 ml sonneblomolie
15 ml botter
9 hoenderdye (met vel)
2 uie, in ringe gesny
3 knoffelhuisies, grofgekap
5 kardemomsade
1 stuk pypkaneel
1 lourierblaar
5 ml fyn gemmer
1 rooibrandrissie, fyngekap
5 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
5 ml fyn koljander
3 heel naeltjies
400 g gekapte tamaties (1 blik)
6 aartappels, geskil
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
3 kerrieblare
 
METODE:
Verhit die olie en botter in die pot.
Braai die hoenderdye tot lekker bruin.
Haal dit uit en braai die uie tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie.
Voeg die knoffel en die speserye (behalwe die peper en kerrieblare) by en braai vir so 2 minute.
Plaas die hoender bo-op die mengsel en skep die tamaties oor.
Rangskik die aartappels bo-op en geur met sout en swartpeper.
Voeg die kerrieblare by. Sit die deksel op en laat stadig prut vir 1 – 1½ uur.
 

Bees & Bier Potjiekos

Bees & Bier Potjiekos
 
BESTANDELE
15 ml koekmeel
5 ml paprika
1 kg beesfilet, in blokkies gesny
15 ml botter
15 ml kookolie
2 medium uie, in dun skyfies gesny
15 ml wit suiker
8 groenbone, gekerf
4 wortels, geskil en in dun skyfies gesny
1 knoffelhuisie, fyn gekap
5 ml gemengde droë kruie
375 ml bier
250 ml beesvleisaftreksel
1 pakkie tamatiesoppoeier
1 lourierblaar
15 ml asyn
10 ml mielieblom
sout en peper na smaak
 
METODE
Kombineer die paprika en meel en plaas in 'n plastieksak.
Voeg die vleisblokkies by en skud goed om die vleis te bedek.
Smelt die botter en olie in 'n pot en braai die vleis oor matige kole.
Verwyder en hou dit eenkant.
Braai die uie en suiker, roer nou en dan tot die uie sag is.
Voeg die bone, wortels en knoffel by en prut vir 5 minute.
Sit die vleis terug in die pot en roer die kruie, bier, aftreksel, soppoeier en lourierblaar by.
Sit die deksel op en laat prut totdat die vleis sag is, ongeveer 45 minute tot 1 uur.
Roer af en toe, met 'n houtlepel.
Meng die asyn en mielieblom en roer.
Prut tot die sous verdik het en geur met sout en peper.

Hoenderpot

Hoenderpot
 
BESTANDELE
45 ml kookolie
1 kg hoenderdye
10 ml sout
4 lourierblare
knippie gedroogde tiemie
4 swart peperkorrels
knippie fyn wonderpeper
45 ml blatjang
500 ml wortels, geskil en gesny
6 groot aartappels, geskil en gesny
500 g heel knopiesampioene
125 ml kookwater
1 blokkie hoenderaftreksel
METODE
Verhit die olie in die pot.
Strooi die dye met sout en braai die hoender, 'n paar stukke op 'n slag tot goudbruin.
Voeg die kruie, speserye en blatjang by.
Sorteer die wortels, aartappels en sampioene in lae bo-op die hoender.
Los die aftrekselblokkie in die water op en voeg dit by die potjie.
Sit die deksel op en laat prut vir ongeveer 1 uur en 20 minute.
Voeg water by indien die potjie te droog raak.
 

Beesstert (Oxtail) Potjie

Beesstert (Oxtail) Potjie
 
BESTANDDELE
 
500 g beesstert, sny 2 duim dik stukke
10 snye spek, sny in 1 duim stukke
½ koppie meel met sout en peper
1 liter beesvleisaftreksel
1 blikkie tamatiepuree
1 lourierblaar
6 swartpeperkorrels
1 bouquet garni
6 groot preie, grof gekap
2 groot uie, grof gekap
6 groot wortels, grof gekap
20 knopiesampioene
1 koppie rooiwyn
½ koppie sjerrie
½ koppie room
2 eetlepels botter
2 eetlepels olyfolie
2 eetlepels knoffel
 
METODE
 
Maak beesstert met papier handdoek droog.
Plaas gegeurde meel in 'n ziplock sakkie en voeg dan die beesstert en skud om te bedek met meel.
Verhit botter en olyfolie en braai spek stukkies.
Verwyder spek en beesstert, dreineer en hou eenkant.
Kap 4 van die wortels fyn. Kap die uie en die prei grof.
Voeg die blokkies wortels, preie en uie in dieselfde pot en braai tot sag.
Voeg beesstert, spek, bouquet garni, lourierblaar, peperkorrels, knoffel, tamatiesous, rooi wyn, sjerrie in die pot.
Bring stadig tot kookpunt en kook stadig vir 3 - 4 ure.
1 uur voor opdiening, sny die oorblywende wortels in 1 duim stukke, voeg hulle saam met die sampioene by die pot en gaan voort om stadig te kook.
Net voor opdiening, voeg room by en roer in.
As jy die pot wil verdik, meng mielieblom met die room voor jy dit ingooi.