Friday, 15 January 2016

4 Minute Kaaskoek

4 Minute Kaaskoek

Benodig:

1 pakkie Tennis beskuitjies

so eetlepel gesmelte botter/margarien vir die tennis beskuitjies

1 kg se joghurt (geur na smaak, ons het al 'n Lemon Meringue een probeer en 'n Aarbei (met stukkies in) een probeer) - lae vet sal ook werk

1 blikkie kondensmelk - lae vet sal ook werk

Tertbord/bak

Dan:

Krummel die tennis beskuitjies fyn en meng die gesmelte botter/margarien by in mengbak tot goed gemeng. Druk krummel/botter/margarien mengsel vas in tertbord/bak.

Meng die joghurt en kondensmelk saam in mengbak tot goed gemeng en giet dit stadig uit oor krummel/botter/margarien mengsel in tertbord/bak.

Plaas nou klaargemaakte tert in mikrogolf vir 4 minute op Hoog. Wanneer klaar, bere in yskas tot lekker koud en geset (oornag werk baie goed) en geniet!

Heerlik en maklik. Mens kan natuurlik uithaal en wys met gepaste, gesnyde vrugte, ens, bo-op as mens dit bedien.

No comments:

Post a Comment