Karamel Amarula Sjokoladekoek
Bestanddele
Beslag:
60 ml kakao
125 ml kookwater
3 eiers
220 ml suiker
60 ml olie
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
Stroop:
200 ml suiker
250 ml water
60 ml Amarula-likeur
1 blik karamelkondensmelk
styfgeklopte room vir versiering
Flake-sjokolade
Metode
Stel oond op 180 grade Celsius.
Beslag:
Meng kakao met kookwater en laat dit afkoel. Klits eiers, suiker en olie saam, voeg koue kakaomengsel by en meng deeglik.
Sif res van bestanddele by en meng goed. Skep in 22 cm x 30 cm-pan en bak ongeveer 20 minute of tot toetspen skoon uitkom.
Stroop:
Kook suiker en water saam vir 5 minute en verwyder van stoof. Voeg Amarula by. Roer goed. Prik koek met 'n vurk sodra dit uit die oond kom en gooi warm stroop oor.
Versiering:
Laat goed koud word. Verwyder uit pan, smeer karamelkondensmelk en styfgeklopte room oor. Versier met Flake-sjokolade indien verkies.
Wenk: Meer Amarula kan gebruik word indien verkies.
No comments:
Post a Comment