Wednesday 27 January 2016

Basiese Brooddeeg

Basiese Brooddeeg

Hierdie is 'n basiese resep vir witbrooddeeg

BESTANDELE:

500g broodmeel
1 pakkie droë gis
5ml sout
5ml suiker
400ml lou-warm water
50g Botter
 
METODE:

Vryf die botter in die meel in
Meng die gis, sout, suiker en lou-warm water saam en voeg by die meel
Meng die bestandele met 'n houtlepel saam tot 'n bolvormige deeg
Knie die deeg goed (so 10 minute), dit moet baie elasties wees
Sprinkel bietjie water oor en maak die skottel dig toe met foelie/plastiek/deksel (of 'n sak) en plaas in warm area totdat die deeg verdubbel het in grootte
Plaas in broodpanne en bak so halfuur teen 200 grade C.
 
WENK:  Ek gebruik plastiekhandskoene as ek die brood knie sodat my hande nie taai is van die deeg nie.  Voor ek dit in die oond sit sprinkel ek weer water oor. Jy kan die botter ook by die lou-warm water gooi om te smelt saam met die ander bestandele.

No comments:

Post a Comment