Wednesday, 27 January 2016

Kondensmelk-en roomtert

Kondensmelk- en roomtert

Bestandele
250 ml room
45 ml suurlemoensap
1 blik kondensmelk
5 ml suurlemoenskil
1 pak mariebeskuitjies
50 g botter, gesmelt
kruisementblare

Metode
1. Klits kondensmelk en suurlemoensap tot styf.
2. Klits die room tot net styf en roer dit saam met die skil by die kondensmelkmengsel.
3. Meng die mariebeskuitjies en botter in ‘n voedselverwerker en pols tot fyn, druk die mengsel onder in ‘n tertbak of ‘n paar klein bakkies.
4. Skep roommengsel bo-op die beskuitjielaag en sit in yskas tot gestol, rond af met ‘n kruisementblaar.

No comments:

Post a Comment