Monday 25 January 2016

Burley se mossel magic

Burley se mossel magic

Bestanddele

1 blikkie gerookte mossels, gedreineer
1 teelepel botter
2 knoffelhuisies
genoeg gaar rys vir 3 mense
1 eetlepel koekmeel
1 koppie natuurlike joghurt of room
½ koppie melk
1 koppie gerasperde kaas

Metode

Verhit die botter in 'n pan.
Voeg die mossels en knoffel by.
Roer vir 'n minuut.
Voeg die koekmeel by en roer goed.
Meng die joghurt of room met die melk en voeg by die mengsel in die pan.
Roer goed sodat sous dik word.
Bedien op rys met gerasperde kaas bo-op.

No comments:

Post a Comment