Monday 25 January 2016

Calamari - ringe

Calamari-ringe

Bestanddele 

         
• 600-800 g bevrore calamari-ringe
• 200 ml melk
• 60-100 ml meel
• rooipeper en sout
• 2 eiers, geklits
• 300 ml broodkrummels
• olie vir diepbraai
• geurige rys vir voorsit
• suurlemoenskyfies

Metode

1 Gooi die melk oor die calamari-ringe en laat dit ontdooi. Geur die meel met rooipeper en sout. Dreineer die calamari en druk dit goed droog op kombuispapier. Doop die ringe in die meel en maak seker dit is goed bedek. Doop dit daarna in die eier en dan in die krummels. Hou eenkant.

2 Verhit die olie tot lekker warm en diepbraai die calamari in sarsies tot goudbruin en gaar. Sit dit voor met gegeurde rys en suurlemoen.

Wenk: So maak jy gegeurde rys: Braai ’n gekapte ui, 200 ml gemengde groenteblokkies en ’n knippie borrie saam en meng dit by die gaar rys vir ’n lekker winterse bygereg.

 

No comments:

Post a Comment