Thursday 21 January 2016

Creme Karamel

Crème Karamel

Bestanddele

VLA
4 eiers
100 ml suiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
500 ml (2 k) melk

KARAMEL
100 ml suiker
15 ml (1 e) water
 5 ml (1 t) suurlemoensap

Voorverhit die oond tot 150 °C. Hou 6 ramekinbakkies gereed.

Metode

1.    Vla: Plaas die eiers, suiker en vanieljegeursel in ’n bak en klits goed tot gemeng. Verhit die melk tot net onder kookpunt en giet dan stadig by die eier-en-suiker-mengsel terwyl jy dit heeltyd met ’n draadklitser klits. Hou eenkant.

2.    Karamel: Plaas die suiker, water en suurlemoensap in ’n klein kastrolletjie en verhit oor matige hitte. Roer goed tot die suiker opgelos het. Maak seker dat daar geen suikerkristalle aan die kante van die kastrol vassit nie. Hou op roer sodra die mengsel begin kook en verhit tot dit ’n ryk karamelkleur het. Verwyder onmiddellik van die hitte.

3.    Giet die karamel versigtig in die ramekin-bakkies. Draai die bakkies vinnig sodat die caramel die onderkant van die bakkies bedek. Plaas eenkant om af te koel. Dit sal hard word.

4.    Giet die vlamengsel deur ’n sif in die ramekin-bakkies. Plaas die bakkies in ’n oondbak wat halfvol warm water is. Bak 25 minute of tot gestol. Laat afkoel en verkoel in die yskas.

5.    Maak die kante liggies los met ’n tandlose mes, doop die bakkies sowat 30 sekondes in kookwater en keer dan versigtig om op ’n kleinbordjie.

No comments:

Post a Comment