Thursday 21 January 2016

Telefoonpoeding

Telefoonpoeding

Hierdie nagereg het sy naam verkry in die ou dae toe die tannies vir mekaar die resepte oor die plaastelefoon aangegee het.  Hierdie nagereg het nie ‘n naam gehad nie en so het dit dan die telefoonpoeding geword.  

Poeding Bestanddele:

1 koppie suiker
½ koppie botter
1 eier
3 eetlepels appelkooskonfyt
1½ koppie koekmeel
1 teelepel fyn gemmer
½ teelepel sout
1 teelepel koeksoda
1 koppie melk
 
Stroop Bestanddele:

3 koppies water
1 koppie suiker
1 teelepel vanilla essence
 
Metode:

Room die suiker, botter en eier saam en roer die appelkooskonfyt by.
Meng die koekmeel, fyn gemmer en sout en roer dit by die bottermengsel.
Meng die koeksoda met die melk en gooi by die deeg en meng goed.
Gooi al die bestanddele vir die stroop in 'n kastrol saam en bring tot koopunt. 
Gooi nou die borrelende stroop in 'n oondskottel en skep die deegmengsel in die stroop.
Bak teen 180ºC vir 30 tot 40 minute.
 
Bedien met vla.

No comments:

Post a Comment