Monday, 25 January 2016

Hoender en Stampmielie-kerrie

HOENDER EN STAMPMIELIE-KERRIE

Sit alles in die pot en roer dit net af en toe of voeg water by indien nodig.

Genoeg vir 4-6 mense
Week: Oornag
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 2 uur

300 g stampmielies, oornag geweek
1 ui, gekap
400 g blik gekapte tamaties
4 hoenderborsies, in skywe gesny
5 cm gemmer, gerasper
10 ml (2 t) komynsaad
10 ml (2 t) borrie
3 knoffelhuisies, gekap
10 ml (2 t) kerriepoeier
750 ml (3 k) hoenderaftreksel
1 groen brandrissie, gekap
sout en peper
’n hand vol pietersielie, gekap

Plaas die stampmielies,
ui,
tamaties,
hoender,
gemmer,
komyn,
borrie,
knoffel,
kerriepoeier,
aftreksel en brandrissie in ’n groot pot oor matige hitte.
Bring tot kookpunt en verlaag die hitte.
Laat 2 uur prut of tot die stampmielies sag is. Hou aan roer en water byvoeg om te keer dat dit aanbrand.
Geur met die sout en peper en strooi die pietersielie oor.

No comments:

Post a Comment