Saturday 23 January 2016

Hoender-ertjie-pastaslaai

Kosblikidees: Hoender-en-ertjie-pastaslaai

Koop weggooibare eetgerei om saam te stuur skool toe sodat niemand hoef raas te kry oor verlore goedere nie.

GENOEG VIR 6-8 MENSE
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute

PASTA
250 g skulpiepasta
10 ml (2 t) fyn sout
250 ml (1 k) ertjies
1 rooi soetrissie, in blokkies gesny
2 wiele (200 g) kruie-fetakaas, gekrummel
HOENDER
4 hoenderfilette, in blokkies
gesny
skil van 1 suurlemoen, gerasper
5 ml (1 t) olyfolie
sout en vars gemaalde peper
SOUS
45 ml (3 e) olyfolie
15 ml (1 e) balsemieke asyn
15 ml (1 e) suurlemoensap
60 ml (¼ k) vars pietersielie, gekap

Pasta Bedek die pasta met kookwater en voeg die sout by. Mikrogolf 10-12 minute tot al dente. Dreineer, meng die res van die pastabestanddele by en hou eenkant.
Hoender Geur die hoender met die skil, olie, sout en peper. Plaas in ’n mikrogolfvaste glasbak en mikrogolf 10-15 minute tot gaar. Roer elke 5 minute.
Sous Klits al die bestanddele saam en geur met die sout en peper. Giet oor die warm hoender en meng goed.
Meng die hoender deur die pastamengsel.
Vir die kosblik Laat die slaai goed afkoel, skep in ’n bakkie met ’n deksel en pak saam met ’n yspak in.
WENK Wees planeetvriendelik en koop bioafbreekbare, weggooibare eetgerei.

No comments:

Post a Comment