Saturday 23 January 2016

Flesslaai

Flesslaai

Jy kan die slaai net so uit die fles geniet of dit op ’n bord uitkeer. Die vleis is ook heerlik op toebroodjies en as inpakkos.

Bereiding 15 minute
Gaarmaaktyd 2-3 uur (vleis) plus 35 minute (groente)
Lewer 4-6 porsies

VLEIS
1 gepekelde varklende paar takkies roosmaryn en tiemie
4-6 swartpeperkorrels
4 knoffelhuisies, geskil
1 ui, geskil
genoeg groenteaftreksel om vleis te bedek heuning vir verf

OONDGROENTE
1 bossie elk klein beetjies en wortels met stingeltjies aan
hand vol roosmarynblaartjies, gekap 2-3 knoffelhuisies, fyn gedruk
45 ml (3 e) heuning olyfolie seesoutvlokkies

SLAAISOUS
15 ml (1 e) korrelmosterd 5 ml (1 t) Dijonmosterd
15 ml (1 e) heuning
60 ml (1⁄4 k) Griekse jogurt

SAMESTELLING
verskeidenheid vars slaaiblare
3-4 nektariens en/of pruime, in skywe gesny 1 rooi-ui, fyn gekap
mikrokruie vir garnering

Vleis Plaas die varklende in ’n pot, voeg die roosmaryn, tiemie, peperkorrels, knoffel en ui by, bedek met die groenteaftreksel en laat 2­3 uur prut tot die vleis sag is. Laat effens in die aftreksel afkoel en verwyder uit die aftreksel.
Sny kepies in die vetlagie en verf die vleis met die heuning. Plaas dit onder die rooster­ element in die oond en rooster tot bruin. Laat afkoel en sny in skywe.
Oondgroente Verstel die oondhitte tot 200 °C. Pak die groente in ’n oondbak en sprinkel die roosmaryn, knoffel, heuning, olie en sout oor en oondbraai sowat 35 minute tot net sag maar nog bros.
Slaaisous Meng al die bestanddele. Giet in ’n klein flessie.
Samestelling Pak ’n laag blare onderin ’n glasfles, gevolg deur ’n lagie vleisskywe, die vrugte en die groente. Sprinkel die ui oor en maak toe. Sit voor met die slaaisous en garneer met die mikrokruie.

No comments:

Post a Comment