Saturday 23 January 2016

Tamatie-gnocchi-pastaslaai

Tamatie-gnocchi-pastaslaai

Genoeg vir 3-4 mense
Bereiding: 7 minute
Gaarmaaktyd: 5-7 minute

Bestandele
500 g gekoopte gnocchi
60 ml (¼ k) pesto van songedroogde tamatie
100 g kersietamaties
olyfolie
knippies sout, peper en suiker
12 swartolywe
60 ml (¼ k) kappertjiesaad
bronkors en geskeurde
basielblare
60 ml (¼ k) gekoopte sademengsel (opsioneel)
parmesaanskaafsels

Metode
Kook die gnocchi volgens die aanwysings op die pak en dreineer goed.
Roer die tamatiepesto deur die gnocchi.
Braai die tamatie in ’n bietjie olie tot dit net oopbars. Geur met die sout en peper en ’n knippie suiker.
Meng saam met die olywe en kappertjiesaad by die gnocchi in.
Plaas die blare in ’n slaaibak, skep die warm gnocchimengsel daarop, sprinkel die sade oor indien gebruik en rond af
met kaasskaafsels.

No comments:

Post a Comment