Friday 22 January 2016

Kerriehoender-pot

Kerriehoender-pot
 
BESTANDELE
15 ml sonneblomolie
15 ml botter
9 hoenderdye (met vel)
2 uie, in ringe gesny
3 knoffelhuisies, grofgekap
5 kardemomsade
1 stuk pypkaneel
1 lourierblaar
5 ml fyn gemmer
1 rooibrandrissie, fyngekap
5 ml matige kerriepoeier
5 ml borrie
5 ml fyn koljander
3 heel naeltjies
400 g gekapte tamaties (1 blik)
6 aartappels, geskil
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
3 kerrieblare
 
METODE:
Verhit die olie en botter in die pot.
Braai die hoenderdye tot lekker bruin.
Haal dit uit en braai die uie tot sag en deurskynend, maar nie bruin nie.
Voeg die knoffel en die speserye (behalwe die peper en kerrieblare) by en braai vir so 2 minute.
Plaas die hoender bo-op die mengsel en skep die tamaties oor.
Rangskik die aartappels bo-op en geur met sout en swartpeper.
Voeg die kerrieblare by. Sit die deksel op en laat stadig prut vir 1 – 1½ uur.
 

No comments:

Post a Comment