Pampoen tert
Maak 1 middelslag-tertBereiding: 15 minuteBaktyd: 35-40 minute
125 g sagte botter200 ml suiker3 eiers5 ml (1 t) vanieljegeursel750 ml (3 k) boerpampoen,geskil en grof gerasper250 ml (1 k) koekmeel15 ml (1 e) bakpoeier2 ml (. t) soutkaneelsuiker vir oorsprinkel
Voorverhit die oond tot 190 °C. Smeer ’n 25 cm-tertbord met botter.
Room die botter en suiker en voeg die eiers een vir een by. Klits tot goed gemeng.
Voeg die vanieljegeursel en pampoen by en meng goed.
Sif al die droë bestanddele behalwe die kaneelsuiker saam en vou by die pampoenmengsel in.
Giet in die tertbord en bak 35-40 min of tot gaar.
Sprinkel die kaneelsuiker oor en sit voor as bykos.
WenkMaak ’n neutstrooisel: Meng 15 ml (1 e) botter en roerbraai 60 ml (¼ k) elk amandelvlokkies en gekapte pekanneute 1-2 minute. Voeg 30 ml (2 e) pampoensade by. Besprinkel met 30 ml (2 e) bruinsuiker en roerbraai tot dit effens gekaramelliseer het. Sprinkel oor die gaar pampoentert.
No comments:
Post a Comment