Monday 25 January 2016

Peri-peri-garnale

Peri-peri-garnale

Bestanddele

• 1 kg groot Mosambiekse (LM) garnale
• 50 ml olyfolie
• 3 knoffelhuisies, fyngekap
• tjips en suurlemoenskyfies, om voor te sit

Peri-peri-sous
• 125 ml witwynasyn
• 125 ml vars suurlemoensap
• 125 ml olyfolie
• 1-5 ml rissiepoeier
• 10 ml paprika
• 5 ml sout
• 3-5 knoffelhuisies, fyngekap
• 5-10 peri-peri-rissies, fyngesny en pitte verwyder (as jy bang is vir brand)

Metode

1 Meng al die bestanddele vir die peri-peri-sous in ’n fles of bottel met ’n deksel. Skud dit goed en laat dit vir minstens ’n dag staan voor jy dit gebruik.

2 Sny die rugkant van die garnale oop met ’n skerp skêr en verwyder die dermpies. Sny deur die vleis om die garnale te vlinder.

3 Meng die olyfolie en knoffel, gooi dit oor die garnale en laat dit vir ’n uur marineer.

4 Verhit ’n riffelpan en rooster die garnale met die vleiskant na onder, of braai dit oor warm kole. Braai dit net vir 45 sekondes aan ’n kant. Skep warm tjips op ’n opdienbord, sit die warm garnale bo-op die tjips en drup genoeg peri-peri-sous bo-oor, of sit die sous apart voor, indien verkies. Sit dit dadelik voor met ’n paar suurlemoenwiggies.

 

No comments:

Post a Comment