Monday 25 January 2016

Vispastei

Vispastei

Bestanddele

300 g aartappels
200 g botterskorsie
sout
50 g sagte botter
20 ml (4 e) olyfolie
2 preie, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
125 g spek, in stukke gesny
30 ml (2 e) suurlemoensap
45 ml (3 e) Italiaanse pietersielie, fyn gekap
60 ml (¼ k) droë witwyn
150 ml room
15 ml (1 e) mielieblom
20 ml (4 t) koue water
1 kg stokvisfilette, in blokkies gesny
vars gemaalde swartpeper

Metode

Skil die aartappels en botterskorsie en sny in growwe stukke. Sit dit in ’n groot kastrol en bedek met koue water en sout. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en kook tot sag.

Dreineer die aartappel-en-botterskorsiemengsel. Roer ’n stukkie botter by en druk dit fyn met ’n aartappeldrukker. Geur met sout na smaak.

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag oondbak met ’n bietjie van die olyfolie.

Verhit die res van die olie in ’n pan en braai die preie, knoffel en spek tot bros en geurig. Geur na smaak.

Meng die preiemengsel, suurlemoensap, pietersielie, witwyn en room. Roer die mielieblom by die koue water en meng dit deur die preiemengsel.

Sit die stokvisblokkies in die voorbereide oondbak en giet die preiemengsel oor. Roer liggies sodat die sous die visblokkies bedek.

Skep die aartappel-en-botterskorsie- mengsel op die vis en bak sowat 45 minute of tot gaar. Geur met sout en peper na smaak.

No comments:

Post a Comment