Monday 25 January 2016

Pikante Viskoekies

Pikante Viskoekies

Bestanddele

• 600 g stokvis of ander wit vis
• 1 suurlemoen, in skyfies gesny
• 6 peperkorrels
• 300 g gerookte snoek of ander gerookte vis
• 125 ml gekookte aartappel, in blokkies
• 125 ml geskilde wortels, gerasper
• 1 middelslag-ui, baie fyn gekap
• 15 ml vars gemmer, gerasper
• 300 ml droë broodkrummels
• 50 ml gekapte vars koljanderblare
• 125 ml mayonnaise
• 15 ml kerriepoeier
• 1 groot eier, liggies geklits
• 15 ml Dijon- of ander matige mosterd
• 15 ml botter
• 15 ml sonneblomolie

Metode

1 Sit die stokvis in ’n kastrol en bedek dit met water. Voeg die suurlemoenskyfies en peperkorrels by en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit vir omtrent vyf minute prut totdat die vis deurgaar is en maklik vlok. Skep die vis met ’n gaatjieslepel uit en sit dit eenkant om af te koel.

2 Verwyder die vel en grate van die gerookte vis en vlok die vleis. Voeg die aartappels, wortels, ui, gemmer, ’n kwart van die broodkrummels en die koljanderblare by. Vlok die gaar stokvis en voeg dit by die mengsel.

3 Meng die mayonnaise, kerrie, eier en mosterd in ’n aparte bakkie. Roer dit liggies by die vismengsel in. Verdeel die mengsel in 10 tot 12 plat frikkadelle.

4 Versprei die res van die krummels op ’n bord en druk die frikkadelle daarin. Sit dit vir minstens ’n uur in die yskas.

5 Verhit die helfte van die botter en die olie oor medium hitte. Sodra die pan warm is, kan jy die helfte van die viskoekies daarin sit en dit vir drie tot vier minute aan elke kant braai tot goudbruin. Skep dit uit die pan en dreineer dit op kombuispapier. Sit dit eenkant terwyl jy die res van die viskoekies in die res van die olie en botter braai. Sit dit warm óf koud voor saam met suurlemoenwiggies, wortel-en-waterkersslaai en vars broodrolletjies.

No comments:

Post a Comment