Monday 25 January 2016

Viskerrie

Viskerrie

Bereidingstyd:  15 minute

Baktyd:  25 minute

Porsies: 4

Bestandele

900 g vis

sout en peper

sap van ‘n halwe suurlemoen

1 ui 

56 g botter

56 g meelblom

1 eetlepel kerrie 

575 ml visaftreksel of water

1 klein blomkool

1 teelepel gekapte pietersielie

Metode

Verwyder die vel en grate van vis en sny in stukkies.

Strooi sout en peper oor en sprinkel suurlemoensap oor.

Kerf die ui en bak in die botter tot sag, maar nie bruin nie. 

Voeg die vis by en Iaat dit vir 5 minute oor Iae hitte bak.

Skep  dit uit die pan sodat die botter agterbly.

Roer die meelblom en die kerrie in die botter.

Roer aanhoudend en laat vir 5 minute kook.

Voeg die aftreksel (of die water) geleidelik by terwyl steeds geroer word.

Laat die sous telkens opkook en roer elke keer goed glad sodat daar nie klonte gevorm word nie.

Kook die sous, nadat al die vloeistof bygevoeg is, vir nog 5 minute.

Voeg die vis en uie by en stowe dit vir 10 minute in die sous. 

Breek intussen die blomkool in stukkies, sit dit in kokende water waarby soutgevoeg is en kook sag.

Dreineer en rangskik om die rand van ‘n opskepskottel.

Skep die kerrievis in die middel van die skottel en strooi die gekapte pietersielie oor.

Wenk

Die kerrievis is baie lekker op warm roosterbrood.

Skep die vis op die roosterbrood, sprei dit egalig oor die brood

en plaas vir ‘n paar minute onder die rooster totdat dit goed warm is.

Bedien warm saam met tamatiesous.

No comments:

Post a Comment