Thursday 21 January 2016

Vlaskywe

Vlaskywe

Maak 6 vlaskywe

Bereiding: 10 minute
Stoltyd: 45 minute
Baktyd: 15 minute

Bestanddele

1 rol (400 g) botter-skilferkorsdeeg
1 eier, geklits
500 ml (2 k) gekoopte vanieljevla
15 ml (1 e) gelatien, opgelos in 125 ml (½ k) warm water
versiersuiker vir bo-oor sif

Metode

Verhit die oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

Rol die deeg dunner uit en sny in 12 blokke. Pak op die bakplaat, verf die eier oor en bak 15 minute. Laat heeltemal afkoel.
Verhit die vla effens. Roer die gelatienoplossing by ’n bietjie daarvan en meng dan met die res. Verkoel tot dit begin stol; klits af en toe.
Stapel die skywe op mekaar met vulsel tussenin. Sif versiersuiker oor en sit voor.
Let Wel:

As jy regtig haastig is kan jy die skilferkors met kraakbeskuitjies vervang. Sit die skywe dan net dadelik voor voor die beskuitjies sag word.

No comments:

Post a Comment