Thursday 21 January 2016

Doekpoeding

Doekpoeding

Bestanddele
5 koppies meelblom
250 ml ontpitte rosyne
5 eiers, geel en wit geskei
250 ml dadels
1½ koppie appelkooskonfyt
½ teelepel gerasperde neut
250 ml botter
25 ml koeksoda
250 ml suiker
½ koppie melk
½ teelepel sout

Metode
Room botter en suiker saam en voeg die geklitste eiergele by. Voeg die appelkooskonfyt by. Snipper die dadels en voeg die rosyne by. Los die koeksoda op in die melk en gooi dit oor die vrugte. Voeg dit by die bottermengsel. Sif die droë bestanddele saam en voeg dit by die mengsel. Klop die eierwitte styf en vou dit in die mengsel in. Smeer ‘n linnedoek met botter en sprinkel meelblom oor. Skep die mengsel daarin en bind die doek toe. Los egter genoeg spasie vir die poeding om te rys. Plaas die poeding in kokende water en plaas die deksel van die kastrol op. Stoom vir 3 uur lank. Bedien met ‘n sous van jou keuse of maak ‘n lekker wynsous.

No comments:

Post a Comment